Hoërskool Swellendam atlete bereik ‘n hoogtepunt in hul atletiekseisoen
ADVERTISEMENT
Hoërskool Swellendam atlete bereik ‘n hoogtepunt in hulle atletiekseisoen.
Ilandrie du Plessis, ‘n matrikulant by Hoërskool Swellendam voeg nog ‘n goue medalje in haar trofeekas. Sy het die aan die Senior Boland ASA kampioenskappe by Dal Josephat in die Paarl deelgeneem. Sy het ‘n eerste plek met ‘n tyd van 20:00;56 in die 5000m behaal.
Dan spog ons oor ons eenarm-atleet: Ilna Swart, ‘n o/16 dogter, wat aan die SA Tweekamp deelgeneem het. Sy het by die hokkie haar duim beseer en moes ‘n operasie ondergaan, maar dit het haar nie gekeer om steeds haar Swellie veggees ten toon te stel nie! Ons is baie trots op haar deursettingsvermoë!
![]()










