Hoërskool Swartland sê dankie aan hul borge
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Swartland Astro spog ook met nuwe blou en geel stoele, sowel as nuwe borde. Dit lyk tops! Borgskap Ons nuwe hokkietelbord is hier! Gaan maak ‘n draai by die Astro en loer gerus! Baie dankie aan Willard Batteries en Auto X vir hierdie groot bederf.
Hoërskool Swartland krieket spog met ‘n nuwe mobiele krieketnet. Baie dankie aan HCS Refrigeration and Airconditioning wat hierdie wonderlike fasiliteit vir die krieketseuns- en dogters geborg het. Met hierdie net kan ons nou daagliks op die blad ook oefen om ons kolwers en boulers die nodige kwaliteit oefening te gee. Ons waardeer u lojale ondersteuning tot ons krieket by Hoërskool Swartland. Saam maak ons ‘n verskil in elke kind se ontwikkeling by Hoërskool Swartland.















