Hoërskool Rustenburg verwelkom nuwe personeel
ADVERTISEMENT
Hartlik welkom aan al ons nuwe personeel wat vandag by Hoërskool Rustenburg aangesluit het.
Ons verwelkom met groot vreugde vir me. Aleshia vd Heever, wat by die Wiskunde-departement aansluit, asook me. Hannetjie Hibbert, wat ons Finansiële Kantoor kom versterk.
Ons wens julle beide groot sukses toe in julle nuwe rolle.Ons verwelkom ook vir me. Elmarie Leenen hartlik terug in ‘n aflospos vir Wiskundige Geletterdheid. Ons is dankbaar om u weer deel van ons span te hê en wens u alle sterkte toe.











