Hoërskool Randburg jaarlikse B en C netbalfees uitslae
ADVERTISEMENT
Hoërskool Randburg is besonder bevoorreg om jaarliks hul eie B- en C-netbalfees aan te bied. Hierdie fees groei elke jaar en bied aan spelers die geleentheid om hul vaardighede te ontwikkel, spanwerk te versterk en waardevolle wedstrydervaring op te doen. Vanjaar het altesaam 86 spanne deelgeneem, met meer as 800 spelers wat die bane met entoesiasme en sportgees gevul het.
Die B- en C-spanne het weereens bewys dat harde werk en toewyding vrugte afwerp, en hulle het Hoërskool Randburg met trots verteenwoordig.
Die uitslae is soos volg:
- o. 14 B eindig 4de uit 15 spanne
- o. 14 C eindig 8ste uit 13 spanne
- o. 15 B eindig 4de uit 11 spanne
- o. 15 C eindig 9de uit 10 spanne
- o. 16 B eindig 3de uit 12 spanne
- o. 17 B eindig 3de uit 9 spanne
- 2des eindig 10de uit 12 spanne


















