Hoërskool Outeniqua SA Plattelandfees Muurbaltoernooi uitslae
ADVERTISEMENT
Hoërskool Outeniqua het uitstekend by die SA Plattelandfees Muurbaltoernooi in Bloemfontein gevaar die afgelope naweek. Die uitslae is as volg:
Seuns onder 19
Ivan Koen wen al 7 sy wedstryde. Hy word ingesluit in die seuns o.19 SA Platteland A-span wat aan die IPT sal deelneem. Die seuns o.19 span was ook die o.19 seksiewenners asook algehele SA Platteland Fees wenners.
Dogters onder 16
Hanrie Duits eindig 2e en Danika Theron word as reserwe aangewys vir die dogters o.16 SA Plattelandspan wat aan die IPT sal deelneem. Hulle span word ook aangewys as die algehele SA Plattelandfees dogters wenners o.16 en o.19.
Baie geluk met hierdie pragtige prestasie.
Die onder 16 seuns Edenspan, waarvan 3 spelers Kwaggas is, gaan direk na die Interprovinsiale toernooi en het dus nie aan die SA Plattelandtoernooi deelgeneem nie. Hulle is Christian Swanepoel, Daniël van Zyl en Ruan Botha.










