Hoërskool Martin-Oosthuizen neem deel aan Jeugskou
ADVERTISEMENT
Na afloop van ‘n suksesvolle kortkursus, aangebied deur Namakwaland Jeugskou by die skool, het agt van HMO se landbouleerders gaan deelneem aan Namakwaland Jeugskou se kompetisie wat gehou is te Upington Landbou Expo. Leerders het meegeding in die onderskeie kleinvee-afdelings naamlik, vleisbok-, vleisskaap- en melkbokafdeling. Hier het ons leerders pragtig presteer met die meeste deelnemers wat in die top vyf plekke geëindig het. Bennie Mans (2de plek in die Senior Vleisskaapafdeling), Stephan Maritz (3de plek in die Senior Vleisbokafdeling), Niklaas Thirion (3de plek in die Senior Vleisskaapafdeling) en Suné du Preez (3de plek in die Senior Melkbokafdeling) is onder die top drie van hul onderskeie afdelings. Ons spog ook graag met oud-leerder Olivia de Beer wat eerste in die Senior Melkbokafdeling geëindig het.
Ons is opgewonde oor die toekoms van die Jeugskou by HMO en die pad wat ons saam met Namakwaland Jeugskou besig is om te stap. Die Nasionale Jeugskoukompetisie word hierdie jaar in die Wes-Kaap aangebied en kinders kan alreeds van sesjarige ouderdom deelneem in hul ouderdomskategorie. Besoek www.nays.co.za vir meer inligting.
Jeugskou Aksie
V.l.n.r.
Bennie Mans, Stephan Maritz, Niklaas Thirion, Suné du Preez
Jeugskou Mini-kursus
Jeugskou Mini-kursus
Jeugskou Stephan Maritz










