Augsburg Landbougimnasium skitter tydens Swellendam Skou
ADVERTISEMENT
Die Swellendam Skou was goed vir Augsburg Landbou Gimnasium! 50 van ons leerders het hul staal gewys in die ringe en agter die kospotte. Ons is baie trots op al ons deelnemers wat so netjies was, goeie gedrag gehad het en ware ambassadeurs was vir Augsburg Landbougimnasium. Die uitslae was as volg:
- 10 – 1ste plekke
- 9 – 2de plekke
- 6 – 3de plekke
- 6 – 4de plekke
- 3- 5de plekke
65 van ons leerders kwalifiseer vir die WP Jeugskou-kampioenskappe wat op 20 en 21 Maart 2023 by Augsburg Boerdery, aangebied word. Hierdie is ‘n bewys dat Augsburg se jeugskou-afdeling van krag tot krag gaan. Baie geluk!


























