Hoërskool Langenhoven leerder blink uit in AdMaths
ADVERTISEMENT
Hoërskool Langenhoven is trots op Ben Fouché se besondere prestasie in AdMaths (Advanced Mathematics). Ben het ’n uitstekende 100% behaal en is aangewys as een van slegs vier Top 10 AdMaths-presteerders in Suid-Afrika vir Kwartaal 1 van 2026 wat ’n volpunteprestasie behaal het.
Hierdie merkwaardige prestasie getuig van Ben se buitengewone wiskundige vermoë, harde werk, deursettingsvermoë en toewyding tot akademiese uitnemendheid. AdMaths is bekend vir sy uitdagende inhoud wat leerders se probleemoplossingsvaardighede en begrip van gevorderde wiskundige konsepte tot die uiterste toets. Om onder die beste presteerders in die land gereken te word, is daarom ’n besonderse eer.
Ben se sukses dien as inspirasie vir sy mede-leerders en is ’n bewys van wat bereik kan word deur fokus, dissipline en ’n passie vir leer. Hoërskool Langenhoven vier hierdie prestasie saam met Ben en wens hom alle voorspoed toe met sy toekomstige akademiese uitdagings. Ons sien uit daarna om nog vele hoogtepunte op sy wiskundige reis te beleef










