Hoërskool Framesby leerder ry in die Redbull MotoGP Rookies Cup 2025
ADVERTISEMENT
Hoërskool Framesby leerder ry in die Redbull MotoGP Rookies Cup 2025. Dylan Grobler is een van 120 motorfietsryers wat genooi is om aan die Redbull MotoGP Rookies Cup 2025 in Spanje deel te neem. Die bestuurders word in twee groepe van 60 opgedeel wat dan oor twee dae hul beste moet gee om deur te dring na die tweede rondte, waar slegs 8 van die 120 bestuurders na die Rookie Cup 2025 deurgaan. Dylan het dit ongelukkig nie gemaak na die finale rondte nie, maar het ‘n goeie impak gemaak en is reeds weer genooi om die toernooi in 2025 by te woon. Ons glo met hierdie jaar se ondervinding gaan Dylan ons volgende jaar verras. Jy maak ons trots, Dylan.













