Hoërskool Framesby motorfietsryer kook op die renbaan
ADVERTISEMENT
Dylan Grobler, Graad 10, het Saterdag, 17 Augustus aan die 5de rondte van die AMCS streek- en klubkampioenskappe by Aldo Scribante renbaan deelgeneem. Hy het in die Junior CBR 150cc & SSP 300cc motorfiets klasse deelgeneem. Hy het ‘n 4de plek in die CBR 150cc junior klas verower en ń 1ste plek in die SSP 300cc klas. Hy is tans die voorloper in beide klasse vir die 2024-kampioenskap. Hoërskool Framesby is baie trots op hom en wens hom sterkte toe vir die res van die seisoen.












