Hoërskool Punt se toutrekspan presteer in Buffelsjags
ADVERTISEMENT
Wat ’n naweek vir Hoërskool Punt se toutrekspan in Buffeljags! Ons het met trots deelgeneem en gewys ons is hier om te groei én te kompeteer.
- 440 kg dogters – silwer medalje
- 600 kg seuns – 4de plek in ’n sterk afdeling
- 560 kg gemeng A – 4de plek met ’n sterk geveg tot die einde
Ons 560 kg en 480 kg spanne het ook deelgeneem en waardevolle ervaring opgedoen. Met baie nuwe leerders in hierdie groepe was dit ’n naweek van leer, spanbou en karakter bou. ’n Spesiale woord aan ons 480 kg meisies wat met twee beserings moes deurdruk en steeds uitstekend gevaar het – julle deursettingsvermoë wys regtig wat in hierdie span se hart lê.
Dankie aan ons ouers vir snacks, gazebos, water en konstante ondersteuning – julle maak ’n groot verskil. Dankie ook aan Mnr D’Elboux vir die bussie bestuur en aan afrigter Jean Venter vir sy leiding en motivering. Ons is ongelooflik trots op elke leerder – hierdie is net die begin. Ons bou aan iets besonders!













