Hoërskool Ermelo-spellers wys hul kán
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo-spellers wys hul kán. Dertig leerders het op Dinsdag 6 September deelgeneem aan die WOW Spelfees te HTS. Die kompetisie het uit twee afdelings bestaan: ‘n babbel- (hardop spel) asook ‘n krabbelafdeling (skriftelike spelling).
Die twee afdelings se punte word dan bymekaar getel om die wenners te bepaal. Vyf Erries eindig provinsiaal onder die top vier en dring gevolglik deur na die nasionale ronde wat DV op 15 Oktober by die Universiteit van Stellenbosch gaan plaasvind. Die leerders wat plekke behaal het, is as volg: Graad 8: Chané Oosthuizen (eerste plek), Marizel van Niekerk (derde plek) en Mia van Deventer (vierde plek). Graad 9: Maret Maritz (derde plek). Graad 10: Kayleigh Moore (eerste plek). Hartlik geluk, Erries! Julle maak ons trots en ons wens julle alle sterkte toe met jul voorbereiding vir die nasionale finaal.

Foto (vlnr): Kayleigh Moore, Marizel van Niekerk, Chané Oosthuizen, Maret Maritz en Mia van Deventer









