Hoërskool Ermelo personeel verkies as Puma-afrigters
ADVERTISEMENT
Drie van EHS se personeel sal gedurende hierdie jaar deel uitmaak van die Puma-afrigtingspan:
- Mnr Mitchelson Mkhwanazi is gekies as o.16’s se verdedigingsafrigter by die Grant Khomo-span.
- Mnr Stephan van Dyk is gekies as die agterlyn-afrigter van die o.15A-Pumaspan.
- Mnr Rudy Joubert is as hoofkeurder van die o.18-spanne aangewys.
Baie geluk! Die Erries is met reg trots op hierdie puik prestasie.










