Hoërskool Ermelo leerders presteer by jeugskou
ADVERTISEMENT
Op 3 Mei het twee van Hoërskool Ermelo se dogters deelgeneem aan die Jeugskou-kompetisie in Balfour. Albei het deelgeneem in die kulinêre kuns-afdeling, waar hulle brood moes bak en marmelade maak. Van die voorgeskrewe bestanddele was sitrus en rooibostee. Zetske van der Merwe eindig eerste en Delené Arnoldi behaal ’n derde plek. Baie geluk aan hierdie dogters. EHS is trots op jul kookkuns!
Zetske van der Merwe
Delené Arnoldi










