Hoërskool Ermelo-gholfers vaar goed tydens die Gert Sibande Gholfliga
ADVERTISEMENT
Die 2023 Gert Sibande gholf-liga het op Vrydag 26 Mei tot ‘n einde gekom. Hierdie liga word oor vier rondtes beslis waar die spelers in spanne van vier deelneem. Die deelnemende skole was Hoërskool Ermelo, Hoërskool Hoogenhout, Hoërskool Piet Retief, Hoërskool Volksrust en Ligbron Akademie vir Tegnologie.
Rondte een het te Ermelo Buiteklub plaasgevind. Op hul eie tuisbaan het die Erries goeie gholf gespeel en eindig as volg: A-Span tweede, B-span tweede en C-span derde. Rondte twee het te Piet Retief buiteklub plaasgevind. Hier eindig die Errie-spanne as volg: A-Span tweede, B-Span gesamentlik eerste en C-Span derde. Rondte drie is afgestel weens uitdagings met die baan wat die rondte moes aanbied. Hierdie ronde kon ongelukkig nie ingehaal word nie as gevolg van vol programme by al die deelnemende skole. Rondte vier het te Volksrust Gholfklub plaasgevind. In baie winderige omstandighede eindig die Erries se spanne as volg: A-Span derde en die B-Span ook derde.
Met albei spanne in die tweede plek op die punteleer dring Hoërskool Ermelo se A-en B-spanne deur na die Mpumalanga-uitspele. Die C-span eindig in die derde plek. Die uitspele sal onderskeidelik op 21 Augustus vir die B-span en op 28 Augustus vir die A-span plaasvind. Baie geluk aan die Erries en sterkte met die uitspele wat voorlê.

WJ Cronjé

Ulrich Badenhorst

Hancke van Heerden









