Hoërskool Ermelo-gholfer beste in Mpumalanga
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo gholfer beste in Mpumalanga. Op Sondag 23 Julie het twee Erries Bea Breedt, graad 11, en Arno van der Bank, graad 8, aan die Barberton Junior Ope deelgeneem. Bea wen die dogtersafdeling en eindig algeheel derde uit die 74 spelers. Arno wen die Net-afdeling in die A- en B-divisie. Bea Breedt is ook aangewys as die Mpumalanga Junior Gholfspeler van die jaar. Dit is ’n besondere prestasie en Hoërskool Ermelo is trots op hierdie twee leerders.
Bea ontvang haar trofee
Arno van der Bank en bea Breedt










