Hoërskool Eldoraigne leerder aangewys as Senior Vliegstudent van die Jaar vir 2025
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Hoërskool Eldoraigne se Aiden Scheepers wat deur die Eldoraigne Vliegakademie aangewys is as Senior Vliegstudent van die Jaar vir 2025. Hy ontvang ook die toekenning vir Beste Vliegstudent Algeheel – ’n ongelooflike prestasie! Ons is baie trots op jou, Aiden. Ons hou jou dop en kan nie wag om te sien wat jou vliegtoekoms inhou nie!










