Hoërskool Die Wilgers Graad 10 leerder blink uit op Nasionale verhoog
ADVERTISEMENT
April was ‘n besige maar opwindende maand! Hoërskool Die Wilgers se vooraansig en voorportaal trek ‘n nuwe baadjie aan kom loer gerus in as jy in die omtrek is of lees meer daarvan in hierdie maand se Veldbrand Nuusbrief.
Graad 10-leerder blink uit op nasionale verhoog Wilgies maak dit ses jaar in ‘n ry!
Hoërskool Die Wilgers spog vanjaar met hul 6de agtereenvolgende Proscenium-finalis(te), ’n besondere prestasie wat die skool se sterk dramakultuur en talentvolle leerders weerspieël. Amelia Gresse (graad 10) is as finalis aangewys in die gesogte 2026-Proscenium Dramakompetisie, uit 460 deelnemers landwyd is slegs 60 leerders vir die finale rondtes gekies!
Die finaal vind van 6–9 Mei 2026 by die Kunstekaap Teater in Kaapstad plaas, waar Amelia haar talent in verhoogoptredes, radio-oudisies en kamera-werk gaan wys.
Ons is ongelooflik trots op haar harde werk, toewyding en talent. Baie sterkte, Amelia, Wilgers staan agter jou! Sedert 2021 het ons elke jaar Wilgies wat as finaliste aangewys word, wat getuig van volgehoue uitnemendheid in die dramakuns.









