Hoërskool Centurion o.16A Noordvaal wenners
ADVERTISEMENT
Die o. 16A Woeries het deurgedruk en die SDC Noordvaalbeker gewen! Baie geluk aan ons rugbyseuns met hierdie besonderse prestasie. Baie dankie aan die afrigters, mnr. C. Burger, mnr. L. Schult, en mnr. W van Rensburg vir al hulle harde werk gedurende die seisoen. Baie dankie aan die personeel en ondersteuners wat deurgery het om die Woeries te ondersteun. Die Hoërskool Centurion wen met ‘n telling van 28 teen Bergsig se 24 op Bergsig se tuisveld.













