Hoërskool Bredasdorp Gr 9 Eisteddfod deelnemer skitter in Stellenbosch
ADVERTISEMENT
BD AANGEWYS AS BESTE GR 9-LEERDER BY STELLENBOSCH EISTEDDFOD. Baie geluk aan Mieke Saayman, gr 9, wat einde September aangewys is as die Beste Gr 9-deelnemer by vanjaar se Stellenbosch Eisteddfod. Sy wen ook hiermee die Floraland Wisseltrofee vir die Beste Junior Drama-leerder in Hoërskool Bredasdorp. Sy het ook haar kultuurbalkie verwerf vir haar deelname aan die Overberg- en Stellenbosch Spraak- en Drama Eisteddfods waarin sy in totaal twee goue en vier cum laude toekennings ontvang het.
![]()










