Hoërskool Bellville leerder dring deur na die finaal van Radikale Redenaars
ADVERTISEMENT
Megan Miller leerder van Hoërskool Bellville het deurgedring na die finaal van Radikale Redenaars in die kategorie Afrikaanse Voorbereide Redenaars. Die finaal vind op 18 Oktober plaas en ons wens haar alles van die beste toe met haar voorbereiding.
Verder het Lanique Burger en Megan Miller ook deurgedring na die nasionale finale rondte van die Interskole Redenaarsliga, wat op 27 September by die Universiteit van die Witwatersrand plaasvind. Baie geluk met hierdie besonderse prestasie!









