Hoërskool Adamantia Top Presteerders kry Erkenning
ADVERTISEMENT
Op 10 Oktober het die jaarlikse prysuitdeling van Hoërskool Adamantia plaasgevind. Leerders was opgetof in hul beste uniform. Elkeen wat dit verdien het, het erkenning vir hul harde werk, deursettingsvermoë, vordering sowel as pligsgetrouheid teenoor hul boeke ontvang. Elke graad se top kandidate is bekroon met hul prestasies. Diplomas is gegee vir die top presteerder in elke vak, uitsonderlike prestasie sowel as prestasie. Groot variëteite tofeë is toegeken aan van die top leerlinge in die skool. Daar was drie wit baadjies oorhandig tydens die prysuitdeling aan: ruan Strydom, Lindell Louw en Ashely van Breda. Baie geluk, jul is ’n groot inspirasie vir toekomende leiers en leerders wat in julle voetspore wil volg. Die prysuitdeling het weereens bewys harde werk word beloon. Ter afsluiting: Mik hoog Addies, gee ten alle tye jou beste en jy sal eendag die vrugte van ’n goeie oes pluk.
Lindell Louw en Ruan Strydom Akademie
Ashely van Breda Sport: Toutrek










