Hoër Volkskool Potchefstroom Matrieks 2022 Bekroningsfunksie
ADVERTISEMENT
Hoër Volkskool Potchefstroom se Dux-leerder vir 2022 is vanoggend tydens ons Bekroningsfunksie vir die matrieks aangekondig. Mienette Oosthuizen spog met ‘n gemiddeld van 94%! Ons is trots.
Akademieseskild Ontvang vir 5 jaar erekelure
- Danny Jordaan
- Cara Lamprecht
- Elrike Minny
- Mienette Oosthuizen
- Hendrik Scholtz
- Cara Smit
- Olivia Vermeulen
- Zanelle Winter
![]()
Twee besonderse toekennings wat tydens vanoggend se Graad 12-bekroningsfunksie gemaak is, is die Rotariër-toekenning, wat gedeel word deur Francois Crafford en Danny Jordaan. Hierdie toekenning gaan aan ‘n leerder, of dan leerders, soos hierdie jaar, wat ‘n voorbeeld is van betrokkenheid, integriteit, gedissiplineerdheid en dienslewering – ware Volkies! Christiaan Smit het die Volkie-veertoekenning ontvang vir sy blymoedigheid, lojaliteit, positiwiteit, deursettingsvermoë en aktiewe betrokkenheid by skoolaktiwiteite onder alle omstandighede. Hoër Volkskool Potchefstroom salueer julle!
Volkies se Sportseun en Sportdogter vir 2022 is Corné Prinsloo en Janise Nell. Hierdie twee matrikulante het puik prestasies op die sportveld behaal!
Sportseun van die jaar Corné Prinsloo
5 jaar lid van ‘n Noord-Wes span vir atletiek Sportdogter van die jaar Buitegewone erekleure Janise Nell
5 jaar lid van ‘n Noord-Wes span vir atletiek Sportdogter van die jaar Buitegewone erekleure Janise Nell












