Hoër Volkskool neem deel aan Pearson Hokkietoernooi vir o.16
ADVERTISEMENT
Die 0.16A hokkiespan van Hoër Volkskool het die afgelope naweek deelgeneem aan die jaarlikse 0.16 toernooi wat aangebied is deur Hoërskool Pearson te Gqeberha. Die stad, genaamd ‘The Windy City’ het nie teleurgestel nie! Ten spyte van die wind, het ons spelers hul passie en vasberadenheid op die veld gewys en die volgende goeie tellings gelewer:
- wen teen Westering: 1 – 0
- verloor teen Kingswood College: 0 – 1
- wen teen Hoërskool Nico Malan se 0.16B span: 5 – 0
- verloor teen Pearson se 0.16B span: 0 – 3
- wen teen Hoërskool Nico Malan se 0.16A span: 1 – 0
- verloor teen DSG se 0.16B span: 0 – 1
- wen teen Hoërskool Riebeeck: 4 – 0
- verloor teen Westering: 1 – 2
Spelers wat doele aangeteken het:
- Deirdre Alberts: 7 doele
- Shana-Leigh Lange: 2 doele
- Sarah van Eeden: 2 doele
- Jaymee Barnard: 1 doel
Hoer Volkskool eindig algeheel veertiende uit 20 spanne.

Deirdre Alberts in aksie

o.16 Hokkiespan van links na regs: Libby van der Mescht, Gaby Hall, Danelle de Koker, Riani Serfontein, Juf Chante Coetzee, Sarah van Eeden, Hestrie Pearson, Jaymee Barnard, Deirdre Alberts en Nazlee Wevers. Voor: Shana-Leigh Lange, Leone Lategan en Mia Prinsloo.









