Hoër Landbouskool Boland leerder gekies vir die SA o.18 Rugbyspan
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Jayden Brits van Hoër Landbouskool Boland wat gekies is vir die SA o.18-Rugbyspan wat op 8, 12 en 16 Augustus deelneem aan ‘n internasionale reeks teen Engeland, Frankryk en Ierland. Boland Landbou is die gasheer vir die wedstryde op Dinsdag, 12 Augustus – wat ‘n besondere voorreg om die groen en goud op sy eie tuisveld te verteenwoordig! Sterkte met die voorbereiding, geniet elke oomblik, en weet dat ons ongelooflik trots op jou is, Jayden!










