Hennenman Primêre Skool bied ‘n suksesvolle hokkiedag aan in samewerking met Afgri
ADVERTISEMENT
Dis ‘n heerlike sonskyndaghier by HennemanPrimêre Skool met ‘n ligte briesie wat waai. Soos ons die skoolterrrein nader, word ons begroet met reuke en geure van heerlike kosse wat vandag hier verkoop gaan word. Braaivleis vure brand al van vroeg af om die honger so bietjie aan te wakker.
By die sportterrein aangekom, word ons omring deur ‘n feestelike terrein wat opgetower is met promosiemateriaal van ons borge. Ons sê graag dankie aan AFGRI, Agri Petroleum, Chery Welkom, Andre Kock en seuns en Alberto wat hierdie dag moontlik gemaak het.
Laerskool Hennenman het met trots ‘n hoogs suksesvolle Hokkiedag aangebied op Saterdag, 13 Julie 2024. Die geleentheid het entoesiastiese deelname van sewe skole in die streek gehad, wat dit ‘n dag gemaak het om te onthou vir leerders, ouers, personeel en ons borge. Sonder julle sou die dag nie moontlik gewees het nie.
Die atmosfeer was elektries aangesien spanne met groot sportmangees en vaardigheid op die veld meegeding het. Toeskouers is getrakteer op ‘n verskeidenheid opwindende wedstryde wat die jong atlete se talent en passie vir die sport ten toon gestel het.










