Goudveld Hoërskool swem prestasies
ADVERTISEMENT
Goudveld Hoërskool leerder Mianique Lombard het op 28 September aan die “Super Seals gala” in Bloemfontein deelgeneem. Sy neem deel aan die volgende:
- 50m vlinderslag – 2de
- 50m borsslag – 1ste
- 50m vryslag – 1ste
- 100m borsslag- 1ste
Mianique het met die 100m borsslag ‘n senior nasionale tyd geswem wat ook elke vierde jaar bekend staan as die olimpiese proewe. Baie geluk Mianique, harde werk word beloon! Ons Gouties is ongelooflik trots op jou.










