Hoërskool Swartland Superliga Swem Kompetisie
ADVERTISEMENT
Hoërskool Swartland het hierdie jaar ingeskryf vir die A-divisie van die Superliga swem kompetisie. Ons ding mee teen die sterkste skole in die Boland, onder andere skole uit Wellington, Paarl en Stellenbosch. Daar was 4 ligagalas. Die 5 beste spanne van die Boland (Wynland/Weskus) het gekwalifiseer om teen die 5 beste skole uit die WP te swem. Die superligagala tussen Boland en WP is gehou op Donderdag, 7 Maart by Rhenish Hoërskool (Stellenbosch) se swembad.
Vyf van Swartland se 6 ouderdomsgroepe, seuns en dogters, kwalifiseer om aan hierdie gala deel te neem, naamlik die o.14 seuns, o.16 seuns en dogters en o.18 seuns en dogters. Swartland was ook die enigste skool uit die Weskus wat gekwalifiseer het vir die Superligagala.
Elke skool was geregtig om 3 swemmers per item in te skryf, wat die kompetisie soveel sterker gemaak het.
Top 10 skole:
o.14 seuns eindig 7de
0.16 dogters eindig 10de
o.16 seuns eindig 8de
o.18 dogters eindig 8ste
o.18 seuns eindig 6de
Bolandskole:
o.14 seuns en o.18 seuns eindig 3de van die Bolandskole
Uitstekende individuele uitslae is gelewer deur Arden Kotze (seuns o.14), wat 7de in die 50m Vlinderslag (31,92) en 4de in die 50m borsslag (36,65) geëindig het. Aiden Foot (seuns o.18) eindig 3de in die 50m Rugslag (28,34) en 7de in sy 50m Vryslag (25,59). Thomas Orchard, (seuns o.18), kom 8ste in die 50m Rugslag (29,33) en 8ste in die 50m Vryslag (25,73). Ons o.18 seuns se aflosse, Wisselslag- en Vryslagaflos, kry twee 6de plekke. Elke individuele item het gemiddeld 25 – 30 deelnemers gehad.
Hoërskool Swartland het waarlik hulle staal gewys en uitstekend presteer teen die top swemmers uit die Wes-Kaap.










