Die liefde loop hoog in Hoërskool Zwartkop
ADVERTISEMENT
Die leerders van Hoërskool Zwartkop weet hoe om Valentynsdag te vier. Op Saterdag 12 Februarie het die Zwarries heerlik piekniek gehou op die skool se rugbyveld om die dag van liefde in styl te geniet. Leerders kon komberse bring en het ’n heerlike kospakkie ontvang om die aand saam met daardie spesiale iemand of vriende te deel. Jeandré Scholtz, ’n oud-zwarrie het gesorg vir die regte atmosfeer met lekker musiek waarop daar selfs later bietjie geskoffel is.
![]()
Op Maandag 14 Februarie was die skoolgronde oortrek met rooi harte, teddiebere en bosse blomme. Ja, die liefde was behoorlik in die lug met ’n spesiale Valentynskarnaval in die vierkant waar allerande lekkernye te koop was, liedjies en briefies uitgedeel is en ’n vrolike samesyn deur almal geniet is.
Ons sien sommer nou al reeds uit na Valentynsdag 2023.
![]()










