Die Hoërskool Menlopark-koor skitter by ATKV-kompetisie
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Menlopark-koor skitter by ATKV-kompetisie. As goud ʼn stem gehad het, het dit soos die Menlo-koor geklink. Toe die eerste note van die lied, Alle-uiah, die saal Saterdagaand soos ʼn warrelwind vul, het die gehoor en beoordelaars geweet om die ore te spits. Dit was asof die atmosfeer saam asemhaal en asem ophou terwyl die koor jou op ʼn musikale tuimeltrein-rit meevoer.
Baie geluk aan die Menlo-koor met ʼn uitstekende optrede by die streeksuitdunne. Me. Jeanmari van Papendorp (koorleier) en mnr. Lourens de Jager (begeleier) het dit weereens reggekry om hulle kom-plekse musikale visie met die koor te deel en meesterlik oor te dra. Die koor se visier is nou op die In-terkultur-kompetisie in Europa in-gestel en ons wens hulle alles van die beste toe.












