Die graad 1’s begin hul Laerskool Randhart reis
ADVERTISEMENT
Op 13 Januarie het Laerskool Randhart die graad 1-paddabene met groot opgewondenheid vir hul heel eerste skooldag verwelkom. Die dag was propvol betekenisvolle aktiwiteite wat daarop gemik was om die leerders gemaklik te laat voel en goed voor te berei vir die nuwe skooljaar.
Die paddabene het hul skryfbehoeftebokse in die klaskamers uitgepak en só hul eie plekkies ingerig vir die groot jaar wat voorlê. By Liggaamlike Opvoeding het hulle ’n prettige hindernisbaan aangepak, waarna hulle ook die rekenaarsentrum en mediasentrum besoek het. Die atletiekuitdunne was groot pret en die graad 1’s het saam met die Ranties se geesreuse aansteeklike skoolgees gevang.
Met groot glimlagte, blink ogies en borrelende opgewondenheid het ’n wonderlike nuwe avontuur vir hierdie jong Rantie-leerders begin.












