Bekende roeier besoek Laerskool Aliwal-Noord
ADVERTISEMENT
Peet Botma kuier in Laerskool Aliwal-Noord. Die Pretorianer Peet Botma het Sondag, 29 Januarie 2024 een van die taaiste wedvaarte ter wêreld voltooi met ‘n vierde plek in die solo-afdeling. Botma het op 12 Desember 2023 in sy roeiboot, Freedom Rower, by die Kanariese eiland Gomera in die “World’s Toughest Row – Atlantic” weggespring en 45 dae, 22 uur en 57 minute later in Antigua sy reis voltooi. Dit was ‘n voorreg om na hom te kon luister, waar hy sy baie inspirerende ervaring met ons gedeel het. The message was to never let go of your dreams. Use your God given talents.
Source: Laerskool Aliwal-Noord













