Destinatus Privaatskool gimnastiek leerders maak trots
ADVERTISEMENT
Danika het deelgeneem by die Western Cape Sport Skool in Mei vir die Kaapse Distrik Gimnastiek kompetisie. Sy het ‘n silwer medalje gekry in beide kompetisies in die kategorie onder 7 jaar meisies afdeling. Baie geluk Danika, ons is trots op jou!
Andreas het ‘n silwer medalje ontvang vir sy gimnastiek toe hy deelgeneem het aan die Western Cape Gymnastics Championship in Saldanha. Welgedaan Andreas, Destinatus is trots op jou!
Marcel het 3 silwer medaljes ontvang vir sy gimnastiek & verteenwoordig die Wes-Kaap by Nationals in Pretoria. Ons is baie trots op hom en wens hom sterkte toe vir die Nationals.
Danika Kroukamp
Andreas Hanekom
Marcel Hendry










