Dans prestasie vir Primêre Skool op die Voorpos
ADVERTISEMENT
Primêre Skool op die Voorpos is baie trots op Claudia-Joy Visagie en Grace Howey wie as deel van die Dance de Lou International Dance Academy uitgeblink het. Hulle uitslae is as volg:
Claudia-Joy Visagie:
•Kompeterende Ballet uitgebreide groep- Hoë Silwer (85-89%) en spesiale toekenning.
•Kompeterende Ballet groot groep- Goud (90-94%)
•Kompeterende Ballet Klein groep- Goud (90-94%) en spesiale toekenning.
•SA SPAN
Grace Howey:
•Kompeterende Ballet uitgebreide groep-Hoë Silwer (85-89%) en spesiale toekenning.
•Kompeterende Ballet groot groep- Goud (90-94%)
•Kompeterende Ballet klein groep- Goud (90-94%) en spesiale toekenning.
•SA SPAN
Knap gedaan meisies! Ons is baie trots op beide van julle!










