Curro Mosselbaai leerders vaar uitstekend tydens redenaarskompetisie
ADVERTISEMENT
Internasionale museumdag word jaarliks op 18 Mei gevier. Drie van die hoërskoolleerders, Kayla Pistorius, Arno Hugo en Seria Pretorius, het deelgeneem aan ‘n Engels Addisionele Taal redenaarskompetisie vir graad 10 en 11. Hierdie kompetisie is aangebied deur die Bartolomeu Dias Museum.
![]()
Baie geluk aan Seria wat ‘n algehele derde posisie verower het in hierdie semi-finale rondte. Seria Pretorius en Arno Hugo gaan deur na die finale rondte wat in September sal plaasvind. Tydens hierdie finale rondte sal hulle kompeteer teen die George- en Oudtshoornskole. Baie sterkte.
![]()









