Brons in Brittanje en dadelik weer dubbele goud in SA vir LS Bellville-Noord leerder
ADVERTISEMENT
Clarese Lourens (Laerskool Bellville-Noord, gr. 7) het Woensdagaand teruggeland vanaf Brittanje waar sy ‘n brons medalje verower het by die Statebondspele Karate Kompetisie. Sy het dadelik Vrydag en Saterdag (16 en 17 September) weer deelgeneem aan die Karate SA Kaapstad Toernooi gehou te Wynberg Militêre Basis, sowel as die Nasionale Span se oefensessie Sondag.
Sy het 2x Goud in beide Kata en Kumite verower. Dis puik selfs so met haar vlugvoosheid.










