Binnenshuise Krieket prestasie vir Hoërskool Framesby
ADVERTISEMENT
Hoërskool Framesby leerder Jan-Hendrik Terblanche het gedurende die September vakansie die SA o.14- binnenshuise krieketspan op hul nasionale toer verteenwoordig. Die toer was vanaf 20 tot 29 September. Die toer het in Kaapstad afgeskop en na ‘n lang week van baie wedstryde, ure op die bus en lewenslange vriendskappe wat gesluit is het hulle in Pretoria op 29 September die toer afgesluit.












