Augsburg Landbougimnasium Gr 12 leerder wen met sy Landboutegnologie-taak
ADVERTISEMENT
Tydens NAMPO Kaap / Cape het Frederick Turner (Gr. 12) sy Landboutegnologie-taak ingeskryf vir die Boereplanne-afdeling. Hierdie kompetisie word aangebied deur Landbouweekblad en Omnia Nutriology. Frederick het ‘n outomatiese voerder gebou en die beoordeelaars so beïndruk dat sy inskrywing oorgeskuif het na die senior-afdeling. Hier ontvang hy ‘n spesiale prys en ‘n stewige bedraggie prysgelde. Baie geluk, Frederick. Augsburg Landbougimnasium hou vir seker jou blink toekomsplanne dop!












