Afrikaanse Hoër Seunskool toneelgroep dring deur na die Semi-Finaal
ADVERTISEMENT
Die toneelgroep het op 24 Julie aan die Aardklop PronkPodium-kompetisie by Die Wilgers-streek deelgeneem. Hulle het pas gehoor hulle dring deur na die semi-finaal wat op Vrydag, 16 September by die Wilge-teater plaasvind.
Hulle het ook Dinsdagaand ‘n baie suksesvolle optrede by die FAK-Allegretto-fees by Hoërskool Eldoraigne gehad, waar hulle onder andere tien goue sertifikate verwerf het. Hulle hoor Vrydagaand of hulle na die streeksfinaal deurdring.















