Afrikaanse Hoër Meisieskool tennisleerders skop jaar af op ‘n goeie noot
ADVERTISEMENT
Tennis het vanjaar sommer dadelik met ‘n goeie wen by die SA Interprovinsiale toernooi afgeskop. Diane de Jager (graad 9) en Jesse de Villiers (graad-8) het die afgelope naweek van 13- 14 Januarie 2024 in die o.15 Gauteng Noord span gespeel en het dan ook die toernooi gewen. Baie geluk aan julle twee! Hou ons o.15’s gerus dié jaar dop!
![]()










