Hoërskool Nylstroom dirigente hou die ritme van sukses
ADVERTISEMENT
Die dirigente opkoms is nie net ’n tradisie nie dis ’n oomblik. Die stilte net voor dit begin, die spanning in die lug en dan…Hoërskol Nylstroom wat opdaag. Met selfvertroue. Met trots. Met teenwoordigheid. Nylies bring die storm. Blom in alle seisoene.
’n Storm vra nie toestemming om kragtig te wees nie. Dit arriveer met doelgerigtheid en laat ’n merk wat bly staan lank nadat die geraas stil geword het. Só het ons dirigente die veld betree onwrikbaar, gefokus en trots.
Maar elke storm bring reën. En ná die reën blom veldblomme. Dis waar ware krag lê nie net in die impak nie, maar in wat daarna groei.
Ons sangers was merkwaardig. Elke noot gedra deur ure se oefening, opoffering en ’n span wat gekies het om mekaar eerste te sit. Sonder daardie eenheid sou die sang- en dirigentebeker nie moontlik gewees het nie.


















