Goudveld Hoërskool se 1ste Meisies Krieketspan wen die Hennenman T10 toernooi
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Goudveld Hoërskool se 1ste Meisies Krieketspan wat die Hennenman T10 toernooi gewen het. Goudveld-Hoërskool speel op 16 Oktober teen Welkom-Gimnasium en besluit om eerste te kolf. Goudveld teken 145 lopies aan met die verlies van 5 paaltjies. Uitstaande kolwers is. Sami van Heerden 34 lopies van 41 balle René Steenberg 26 lopies van 42 balle en Weré Joubert met 17 lopies van 11 balle Uitstaande boulers Sami van Heerden met 2 paaltjies in 3 overs. Tile Rantsie met 2 paaltjies in 4 overs en Britney van Heerden met 2 paaltjies in 3 overs. Goudveld wen Welkom-Gimnasium met 79 lopies. Baie geluk Gouties ons is trots op julle!
![]()










