Laerskool Louis Trichardt redenaars skitter aan die ATKV Nasionale finaal
ADVERTISEMENT
Laerskool Louis Trichardt leerders Elizma Truter en Masana Muladi het op Maandag, 12 Augustus 2024, aan ATKV se Nasionale finaal te ATKV Klein Kariba gaan deelneem. Die twee sprekers het albei uitstekend gevaar en ons is trots op hulle uitnemende prestasies! Triegies se sprekers het onderskeidelik onder die Top 15 in Suid-Afrika geëindig. Welgedaan meisies!
Elizma Truter (Gr. 7) eindig algeheel 15de in Afrikaans Huistaal afdeling.
Masana Muladi (Gr. 4) eindig algeheel 4de in die Eerste Addisionele Taal afdeling.
![]()










