Presidentsverkenner toekennings vir Hoërskool Brackenfell leerders
ADVERTISEMENT
Die Presidentsverkenner-toekenning is ‘n nasionale toekenning vir kulturele leierskap en hierdie toekenning sal binnekort in persoon aan hulle oorhandig word. Lede van Die Voortrekkers in graad 12 verwerf die Nasionale Presidentsverkenner-toekenning nadat hulle aan die vereistes van die Presidentsverkenner-proses voldoen het. Die proses sluit in die bywoning van ‘n sekere aantal Gebiedskampe, die suksesvolle voltooiing van ‘n sekere aantal spesialisasies en take, goeie getuigskrifte van die skool, kerk, Voortrekkerkommando en ‘n vereiste aantal jare diens in Die Voortrekkers. Hiermee die name van die graad 12-leerders in Hoërskool Brackenfell wat gedurende Julie-maand die Presidentsverkenner-toekenning van Die Voortrekkers verwerf het: Anton Thierzen, Duncan Middlemost, Francisca van Zyl, Kayla Nel, Matthew Giliomee en Micke van der Westhuizen.
Anton Thierzen, Duncan Middlemost, Francisca van Zyl, Kayla Nel, Matthew Giliomee en Micke van der Westhuizen










