Laerskool Fountainebleau skenk boeke
ADVERTISEMENT
Mediasentrum: Die “Lions Club” is vreeslik dankbaar vir Laerskool Fountainebleau se boekdonasies. Fonties is in die bevoorregte posisie om boeke aan die Lions Club te kan skenk. Die boeke word op hulle boekuitstallings teen R10 n boek verkoop. Die uitstalling word elke laaste Saterdag van die maand by Heathway Pick n Pay gehou.
Die inkomste wat hierdeur genereer word, word gebruik vir projekte soos voedingskemas, behoeftes vir huise vir gestremdes, Buddy day projekte en nog vele meer. Laerskool Fountainebleau is trots en dankbaar om die gemeenskap só te kan help.













