Hoërskool Eldoraigne leerder se boek skitter op AMAZON
ADVERTISEMENT
Leerling van Hoërskool Eldoraigne, Lourika Zeelie in Graad 12 het met uitsonderlike toewyding en kreatiwiteit dit reggekry om haar eie boek te skryf – iets wat bittermin hoërskoolleerders kan sê! Nog meer indrukwekkend: haar manuskrip is 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝐴𝑚𝑎𝑧𝑜𝑛 aanvaar vir publikasie en verspreiding! Lourika, jy is ’n inspirasie vir alle jong skrywers dat jy deur harde werk jou drome kan bewaarheid.









