Laerskool Bellville-Noord Groentjiesklub kamp in die Touwsrivier/Montagu-omgewing
ADVERTISEMENT
Net voor die ergste reën en wind die gebied bereik het, het die Groentjiesklub van Laerskool Bellville-Noord gaan kamp vanaf 22 tot 24 September in die Drie Kuilen Natuurreservaat. Ons het Vrydagmiddag kort voor Drie Kuilen die geleentheid gehad om na die maan te kyk deur ‘n baie groot teleskoop by die Leeuwenboschfontein Observatory.
Die Guano Grotte-oord op Montagu het ons Saterdag met ope arms ontvang toe twee ander daguitstappies ongelukkig weens die koue en nat weer in die berge tussen Touwsrivier en Montagu gekanselleer moes word. Hier het ons seker weens die weervoorspellings amper die hele waterpark vir onsself gehad om te geniet. Guano Grotte se uitgebreide plaasdiere-gedeelte was ook ‘n hoogtepunt vir die kampers, asook natuurlik hul groot verskeidenheid hasies,konyne en hoenders (en ‘n paar ander voëls ook) van reg oor die wêreld.
Drie Kuilen Natuurreservaat
Drie Kuilen Natuurreservaat
Drie Kuilen Natuurreservaat
Drie Kuilen Natuurreservaat
Drie Kuilen Natuurreservaat
Drie Kuilen Natuurreservaat
Drie Kuilen Natuurreservaat
Drie Kuilen Natuurreservaat
Drie Kuilen Natuurreservaat










