HS Eldoraigne vs HS Zwartkop – Hoërskool Zwartkop se eerstespan dogtershokkiekaptein en afrigter gesels met AWSUM
ADVERTISEMENT
AWSUM gesels met, eerstespan dogtershokkiekaptein van Hoërskool Eldoraigne oor hulle seisoen en die kragmeting wat voorlê, ons gesels ook met die afrigter. Lees die spesiale koerantuitgawe vir die toernooi hier.
Deonné van Heerden
Hokkie kaptein: Deonné van Heerden Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover? Ons het ons seisoen baie goed die jaar afgeskop en ons heel eerste wedstryd 5 – 0 gewen. Ons eerstespan het die jaar getoer Pietermaritzburg toe. Hier is waar ons mekaar leer ken het en verhoudinge gebou het onder die coaches en spelers. Al ons spelers het al hulle 5 wedstrydserpies ontvang en ons vorm saam een groot familie.
Hoe motiveer jy jou span? Ek motiveer my span deur my span altyd deel te maak as ons besluite neem en om vir mekaar positiewe goed te sê. Ek motiveer hulle ook om self `n voorbeeld vir my span te stel, altyd te help as hulle sukkel met iets en as ons `n harde wedstryd het seker te maak ons hou ons koppe ten alle tye omhoog en altyd ons beste te gee.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by? Megan Maree. Ek en Megan neem besluite saam oor hoe ons goed gaan doen. Megan is `n agterspeler en ek is `n voorspeler, so kan ons maklik met ons span op die veld kommunikeer. Ons help mekaar om die beste moontlike voorbeeld vir die span te stel en opdragte van ons coaches af uit te voer.
Wat wil julle as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak? Ons span wil graag die Classic Clash die jaar teen Eldoraigne wen en op `n goeie plek in ons liga eindig.
Wat is jou planne vir die toekoms? Ek wil graag onderwys studeer en hokkie afrig.
Hokkie Afrigter: Martin Williams Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span? Die eerstespan het `n goeie struktuur, so die skool kan `n aanvallende spel verwag waar die spelers met die bal beweeg en hul werk doen.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ons speel as ‘n span met geen individu wat hulself bo die span op die veld plaas nie.










