HS Eldoraigne vs HS Zwartkop – Hoërskool Zwartkop se eerstespan seunshokkiekaptein en afrigter gesels met AWSUM
ADVERTISEMENT
AWSUM gesels met, eerstespan seunshokkiekaptein van Hoërskool Zwartkop oor hulle seisoen en die kragmeting wat voorlê, ons gesels ook met die afrigter. Lees die spesiale koerantuitgawe vir die toernooi hier.
Xander Botha
Hokkie Kaptein: Xander Botha: Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover? Ons hoogtepunt was toe ons vir Potch Gim in die PUK – reeks gewen het.
Hoe motiveer jy jou span? Ek noem gereeld vir hulle om alles te gee en dat hulle elke oomblik moet geniet.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by? Dewald Visagie. Hy help my om die ouens by mekaar te kry, sodat ons die opwarming kan begin.
Wat wil julle as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak? Ons sal graag die Noordvaal – trofee wil wen. Dit sal my trots maak as elke speler goeie sportmansgees wys en net hul alles gee.
Wat is jou planne vir die toekoms? Ek wil graag by Tuks gaan studeer en wil aanhou hokkie speel deur by n klub aan te sluit.
Eerstespan Afrigter: Frances Denton. Wat kan die skool en ouers hierdie naweek te wagte wees van julle span? Om
net die beste te gee wat ons kan en om die skool en die sport se naam om hoog te dra.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Spanwerk, ons is `n goed balanseerde span wat altyd na die beste streef.










