Hoërskool Ermelo bied suksesvolle FNB Classic Clashes aan vs Hoërskool Piet Retief
ADVERTISEMENT
Op 10 en 13 Mei het Hoërskool Ermelo te staan gekom teen Hoërskool Piet Retief in ’n FNB Classic Clashes-stryd. Hierdie wedstryde het deel uitgemaak van die liga. Op 10 Mei het die seunshokkie afgeslaan. Die o.16-span het eerste gespeel en het die wedstryd oortuigend met 6 – 0 gewen. Die doelskieters is Stiaan van den Heever (2), Paul Snyman, SS Cilliers, Nicolas Steyn en Victor Burgers. Die Hoërskool Ermelo TWK Eerstespan Seunshokkie het na ’n harde stryd met 2 – 0 gewen. Die doelskieters is Adam Barnard en JF Möller. Saterdag, 13 Mei was dit die dogtershokkie-, netbal- en rugby-spanne se beurt om teen Piet Retief te speel. Ten spyte van gemenge welslae, het die Erries aanhou veg en goeie sportmangees getoon.
Die netbal se uitslae is as volg:
- o.14A-span: verloor 12 – 17
- o.14B-span: verloor 3 – 6
- o.15A-span: verloor 13 – 14
- o.15B-span: verloor 6 – 8
- o.16A-span: verloor 13 – 23
- Tweedespan: wen 12 – 7
Hoërskool Ermelo KS Clothing eerstespan netbal: wen 23 – 10
Mariska van Biljon
Die dogtershokkie vaar uitstekend met die volgende tellings:
- o.14A-span: verloor 0 – 1
- o.15A-span: wen 5 – 0
- o.16A-span: wen 9 – 0
- Tweedespan:wen 6 – 0
Hoërskool Ermelo KS Clothing eerstespan dogtershokkie: wen 4 – 0
Zané du Plessis
Die rugbytellings is as volg:
- o.14A-span: verloor 0 – 61
- o.14B-span: verloor 0 – 45
- o.15A-span: verloor 12 – 14
- o.15B-span: wen 14 – 7
- o.16A-span: verloor 12 – 26
- o.16B-span: verloor 9 – 15
- Tweedespan: verloor 8 – 29
Hoërskool Ermelo TWK eerstespan rugby: wen 20 – 7. Die skaak het ook op Saterdag gespeel en EHS verloor naelskraap met sewe spelle teenoor agt. Baie geluk aan elke span wat presteer het, asook aan dié wat ware Errie-gees getoon het. EHS is trots op elke helper, ondersteuner en speler!
Louis Roulliard









